8238. Stille Nag

1 Stille nag heilige nag
Jesus kind lank verwag
Lig uit lig uit die Vader se ryk
word uit liefde aan mense gelyk
Loof die hemelse Kind!
Loof die hemelse Kind!

2 Stille nag, heilige nag
Hemelvors, ons gee ag
op die lied van die engelekoor
Herders het dit die eerste gehoor
Juig, die Redder is daar!
Juig, die Redder is daar!

3 Stille nag, heilige nag!
Jesus, Heer, voor u mag,
voor u ryk moet die duisternis swig;
tot in ewigheid bly U die lig—
Heer, gebore vir ons!
Heer, gebore vir ons!

Text Information
First Line: Stille nag heilige nag
Title: Stille Nag
German Title: Stille Nacht
Author: Josef Mohr (c. 1816-1818)
Language: Afrikaans
Source: Translator unknown
Copyright: Public Domain
Tune Information
Name: [Stille nag heilige nag]
Composer: Franz Gruber, 1787-1863
Key: B♭ Major
Copyright: Public Domain



Media
MIDI file: Midi
More media are available on the tune authority page.

Suggestions or corrections? Contact us